Tuesday, 2 July 2013

Rooi Pyle en Daniël van die leeukuil



My vriend Carlos se altyd ons werk in ‘n “feast or famine” industrie. Met ander woorde as jy werk het het jy skielik meer werk as wat jy kan hanteer, en as daar nie werk is nie is het jy n groter kaans om die lotto te wen as om geld te gaan verdien. Ek voel die stelling van hom vertaal lekker as Vreet of Vrek. As jy my pens kyk sal jy dink ek vreet net maar dis nie waar nie ek gaar net op vir die “vrek” tye.

Nou hoekom vertel ek julle hierdie verskriklike vervelige feit wat niks met Ou Pienkie uit te waai het nie. Wel ek het nou n verskriklike gevretery ingegaan, wat baie wierd is want Julie is gewoonlik n redelik stil maand vir my. Die gevolg is dat ek nie kaans kry om by Pienkie uit te kom nie en nog minder by Karlien en dit maak my verskriklik hartseer.

Ek sit nou hier in my hotel kamer en skryf die blog nadat ek nou al meers as 5 dae op Madiba watch is. Ja ek is nou deel van die media sirkus wat buite die hart kliniek in Pretoria sit en wag om te sien wat gebeur. Ek jok nie as ek sê ons sit en wag nie, want hier gebeur boggerol, as die media mekaar begin inteview dan weet jy daar is wragtig niks nuus nie. Iemand was darem vanoggend so gaaf gewees om een van light stands om te ry, dit het my darem iets gegee om te doen vir 5 minute. 

Die sirkus




Daar is wel een ou wat elke dag soos 'n malle kom preek by die hospitaal, aan die begin het ons nogal vermaak maar nou nou as jy hom sien kom is jy klaar moedeloos. Hy claim hy is Daniël van die leeukuil, en hy preek met oorgawe oor homself en Madiba. As ek vir hom kyk glo ek hom ook nogal bietjie, hy is so donners maer geen leeu sou sy tyd gemors het om hom te try eet nie en hy ruik ook soos iets wat reeds deur die leeu se sisteem was. (hy het dit nauurlik tot op die voorblad van die Citizen gemaak)

Okay genoeg oor werk. 

Die bouers is uit eindelik weg, my stoep en braai sal moet wag tot later want nou moet daar eers geverf word dat ons kan in.

My arme duif moes die naweek op haar eie trek, sy het al haar goed na Pienkie gery en die goed lê nou in die woonstel se garage. Maar terwyl sy daar was het sy iets gewaar wat nie pluis was nie. Twee duidelike rooi pyle  was op die sypaaitjie geverf. Die pyle was weerskante van ons ingang en wys na die huis. As iemand gesien het hoe Karlien se goed by die garage in gaan kan hierdie net die baken wees vir sy rampokker maats. Dan liberate hulle al Karlien se besittings nes hulle Pienkie se geysers gered het van die donker dak.

Hier is n foto van die pyle.

Huh?

Okay geen rampokker is so dom om iets so obvious te doen nie,  so hierdie was die regte resultaat van die rooi pyle.

Die munisipaliteit het ons sypaadjie op gegrou. Karlien is baie bly oor die nuwe beding.

Weet net dat hulle iets met die krag doen want dit gaan blykbaar kort kort af dan kan niemand by ons elektriese hek in of uit nie. (daar is darem ‘n plan gemaak met die probleem en dit het gelukkig net R450 gekos, um ja dis sarkasme)

Verder is ek baie jaloers, Terry spandeer al die tyd saam met my ander girl, hy supervise hoe se geverf en afgerond word. Ek mis alles.

Ek kry darem nou en dan ‘n kaans om weg te glip om te gaan inloer, my verskriklike rip-off van n hotel is redelik naby, aan die ander kant travel arme Karlien Gauteng vol soos sy rondslaap. Moet dit nou nie letterlik opvat nie, dis nie wat ek bedoel nie, die arme girl slaap een aand by ‘n vriendin die volgende aand by ‘n ander en die laate twee dae kamp sy by my ma uit. Shame sy het nou nie meer ‘n huis nie. Maar binnekort my Duif, binnekort.  

Hier is n paar fotos van die klaar geboude mure en vensters van die woonstel.



Ons wou die komende naweek intrek maar dit gaan nie gebeur nie (want ek vreet nogsteeds, moet volgende week Tzaneen toe vir n ander job). As ek terug kom behoort die belangrikste goed geverf en reg te wees, so ons het nou besluit volgende naweek is die groot trek. Meeste van die goed wat ek oor die laaste twaalf jaar opgegaar het gaan getrek word van die plaas af en ek jok nie as ek se opgegaar het nie. Ek is n kroniese opgaarder ek het nog my matriek hemp waarop al my maatjies geskryf het 20 jaar gelede, maar wag ek het ook nog my standerd 5 hemp waarop al my maatjies 25 jaar terug op geskryf hetgeskryf het. daar is n hele 3 slaapkamerf huis vol van stront wat ek oor twaalf jaar opgegaar het.

 Ek weet ek droom as ek dink al die goed gaan die pad maak tot by Pienkie, ek verwag Karlien gaan baie van my goed van die lorrie laat afval (nudge nudge wink wink) as julle weet wat ek bedoel.

Die naweek trek al daai goed en Maandag trek ek die laaste groot goed.

Die groot idee is sy gaan maandag die 15de van die plaas af werk toe ry en as sy huis toe ry, gaan sy na Ou Pienkie toe gaan.

Of dis die teorie, ek sal julle maar op hoogte moet hou.

As ek ooit uit die media hel uit kan ontsnap

2 comments:

  1. As ek sulke rooi pyle voor my hek kry bemes ek net daar die beddings.

    ReplyDelete
  2. Ek het omtrent Pa! Ek moes vir Harry gaan steel by die media sirkus om die situasie te kom opsom. En sommer die eiendomsagent langsaan wat 'n Sondag huis skou gedoen het!

    ReplyDelete