Ek trek toe weg en doen my beplanning vir die bouwerk en alles wat gedoen moet word, maar ek het wel die belangrikste ding vergeet (dis ‘n ding wat Kevin mens nooit vertel nie). Ek het vergeet om Karlien heeltemal te betrek, ek het n paar planne geteken en gedink dis reg en besluit dis wat moet gebeur en dis hoe dit moet gebeur en dis die volgorde van hoe dinge gebeur. My planne flawless, or so I thought.
Want toe ek haar vertel wat ek alles gaan doen oor die volgende maand, toe hoor ek net skielik “Whoooa ek sê Verdomp Whoooa!”(weereeens om julle te herinner sy het nie rerig verdomp gesê nie). Julle sien blykbaar is n paar amateur agtige tekeninge met my onleesbare handskrif en n paar fotos van goed wat ek in Builders Warehouse geneem het van krane, stort koppe ens. blybaar nie genoeg om haar die hele idée te gee van wat ek beplan nie. Ek kan alles duidelik in my kop sien maar ek is dalk nie so goed met die verduidelik daarvan nie.
So vandag is ons terug na builders toe om te sien hoe die goed wat ek net as fotos aangestuur het (heelwat daarvan het verander) rerig lyk.
Maar nou het ons die regte goed.
Ons is na Ou Pienkie toe en ek het die uitleg van die kombuis verduidelik, ons het dit op die vloer uitgemerk en met hulp van ons vriende, Dagmar en Amelia, is dit verander.
Maar nou is dit reg.
Die kronstruksie skedule is nagegaan, en dit is verander.
Maar nou is dit reg.
Okay, ek moet erken my konstruksie skedule was bietjie oorywerig, dankie tog Karlien het my tot my sinne gebring. As dit nie vir haar was nie sou Kevin ook oor n maand lekker in sy mou vir my gelag het.
SO DIT IS NOU ALLES REG, KONSENSUS IS BEREIK.
Ek het ook vergeet dat alhoewel ek die bou en breek werk doen, dat ek nie die head designer is nie. Sy het darem nou wel een ding vir my gegee wat ek met vrye teuels mag doen net wat ek wil: die gaste toilet, jip ek kry die troon waarop ander mense sit as my design projek. Dit gaan awesome wees, en ek sal julle op hoogte hou oor daai een.
Ons het ook vandag ons gas stoof en oond gaan koop, hier het my navorsing vrugte afgelewer, want Karlien het my van my idees gehou, ek sou bitter graag wou fotos stuur maar die man wat die oond “in boks” vir ons gebring het is meer lisdeksies as ek, want toe ons by die huis kom en opgewonde ons oond oop maak, sien ons hy het ons die verkeerde een gegee.
Maar weer terug na die skedule.
In kort; volgende week doen ons al die plumbling en eletriese werk.
Die week daarna bou en breek.
Daarna teël en afronding.
Dan verf.
En laastens trek, die res kan ons doen as ons eers in is.
Ek sal meer details later hê.
Ek het wel die eerste job gedoen vandag toe ons daar was, kan julle die verskil sien tussen die twee fotos
Al die brons krane is gesteel so vir nou sit ek hierdie splinternuwe vreemde plastiek krane op want ek dink nie die goed het waarde in die diefstal mark nie.
PS of Oooo Jaaaa oomblik: elke keer as ons na die huis gaan ontdek ons iets nuuts.Een van die bome in ons erf is n makadamia boom en lyk my ons gaan elke jaar neute hê check die foto uit, en my broer het twee boeke van "hoe om die taal van die germane te praat" gescore.

Hopelik sal ek more regte vordering vir julle kan wys.
Lekker slaap.
My bok, jy doen so baie dinge reg, dat ek partykeer dink ek droom! Dankie dat jy so ywerig en entoesiasties vir ons 'n tuiste maak. Jy ROCK!
ReplyDelete