Hallo alle getroue blog lesers.
Hierdie een gaan ‘n baie foto ryke blog wees, noem dit ‘n
series van “before and afters”.
Ek dink ons moet begin met ons kombuis, dis ons grootste
“pride and joy” en ons het nou al lekker kos daar binne gemaak vir onsself en
vir vriende. Ek het wel ‘n moerse stoep
gebou om op te kuier maar vir een of ander rede eindig ons altyd in die
kombuis.
Die ou kombuis van die een kant.
En die ander kant.
Let op hoe die eiland op die vloer uitgelê is, ek het amper
daar ‘n “counter” gebou. Gelukkig het Karlien my gekeer (dit was een van haar
“ek se whooo! Verdomp whooo!” oomblikke) ander sou die kombuis nooit so lekker
gewerk het soos hy nou werk nie.
Hier is die kombuis tydens die bouery
En hier is hy nou.
Een met Karlien wat kos maak.
Ek het vir Karlien besondere lelike boekrakke gemaak vir die
kombuis (die geld is klaar en ek moet gebruik wat ek om die huis kry) maar sy
like dit. (seker maar omdat dit met liefde aanmekaar gesit is)
Hier is die ou kombuis
En nou is dit ons opwas
Ek moet ook darem sê ek het heelwat nuwe skills geleer, ek
kan nou powertools werk sonder om kort kort te check of al my vingers nog daar
is. Sovêr het ek nog almal alowel my duim 'n paar nuwe gate gekry het.
Hier is ons slaapkamer voor die tyd.
En hier is hy nou, dit lyk nogal heel anders nê, en ja die foto
is uit dieselfde hoek geneem. Onthou julle my storie op n vorige post met die
dakfan, wel julle kan sien hy is nou in. Ek het hom self ingesit en daai kas
gebou (met powertools, sonder om te veel bloed te verloor)
My briljante leesligte in die kas
Ons badkamer voor die tyd.
En nou. Jis ek kort n kamera met n wyer lens. Mens kan nie
mooi sien nie, maar daai is ‘n frameless shower WEOSIH (ek gaan van nou af die
afkorting gebruik vir “wat ek ook self ingesit het” ek wil nie te veel brag
nie, maar ek wil darem hê julle moet sien ek kan deesdae sommer ook handyman
speel) ek gaan nie al die krediet vat
nie, Cornè het darem gehelp met die stort.
Hier bere ons ons kamerjasse WEOSIH (Chetaaaaahs! My ma het
dit vir my gemaak)
Nog 'n hak rak WEOSIH
Die van julle wat fyn oplet sal sien op een van die boonste fotos
dat die oond in is.
WEOIH, en hy bak nie skewe koeke nie.
Ons het die stoep klaar gemaak.
Die hoop gemors wat julle geken het.
En hoe hy nou lyk.
Daar is selfs ‘n ingeboude braai WEOSIH, sonder om arc-eyes
te kry, of myself te smelt met die sweis masjien. Dit het my ongelukkig wel helfde
van die dag gevat om uit te vind dat ek die filament van die sweisbril moet
aftrek om beter te kan sien. Die gevolg is dat daar baie voeltjiekak sweise is.
Dis moeilik om te sweis as jy voel jy kyk deur branna oë die oggend na
Oppiekoppie.
Hier is nou nie fotos van die res van die huis nie, maar
daar is n eenvoudige rede daarvoor, die huis is deurmekaar en ek kan nie nou
vir julle “before and afters” wys daarvan nie, en ek is op die oomblik te lui
om die netjies te maak, so julle sal moet wag vir ‘n later blog.
Soos Karlien op in
vroeër blog gesê het “ ‘n huis is nie net bricks en mortar nie” en dis
baie waar. Ons bly nou al bietjie meer as vyf maande hier, en dit begin nou al
soos my huis voel. Die oorgewig Bruce Lee spring nie meer elke aand op vir
enige geluidtjies nie. Dis lekker as ek die dag by die huis is en vir Karlien
kan wag om terug te kom van werk af, en net so lekker as ek die dag laat werk
en weet sy wag vir my by die huis. Ons huis kort nou net bietjie decorations,
dis nou fotos en goed (memories/ herinneringe) van ons, ons families en ons
vriende. Maar ek is nie haastig nie ons het ‘n hele lewe om die mure vol
herinneringe te maak.
Maar hier is solank ons eerste nuwe memories.
Ons het n nuwe lid in die familie en haar naam is Isabella (sy is die een wat so gaap in die agtergrond),
maar ons noem haar net Bella. Ons het haar
by ‘n ou in die moot gekry wat in ‘n woonstel in getrek het. Sy is
dierbaar en nou is ou groot rooi nie meer so alleen as ons nie by die huis is
nie.
Nog ‘n herrinnering is dat Karlien gras sny (ek het vir jare
lank n hektaar gras gesny en dis nou klaar)
Terwyl ek sit en branna drink in die local saam met my
vriende (ja dis hoe n brandewyn lyk in Jocks)
Okay ek lieg, dis net die branna special wat so groot is (en
van laas naweek af sny ek die gras).
Kannie wag om die mure eendag vol memories te sien nie.
So vir nou cheers (kyk weer na die foto van my wat die branna drink)
Cheers
Ps: die GGD is nog nie oop gemaak nie vir die van julle wat
wonder. Ek dink ons sal dit dalk die naweek doen.
No comments:
Post a Comment