Na twee maande se swoeg en sweet is ons in. Op die 15de Julie
het ons Pienkie se nuwe bewoners geword. Met hulp van die mense van Tweefontein
het ons my trek uiteindelik laat aansluit by Karlien se goed wat al twee weke
in die garage lê en wag.
Dinge is dol hier. Ons het skaars ingetrek toe is ek weg PE
toe vir werk. Sondag was ek terug en net daarna is Karlien weg Botswana toe. Gelukkig, van nou af, is ons darem weer altwee
by die huis vir n paar weke so nou kan ons die huis uitpak.
Ek wou laasweek met die blog begin het maar ek was
platgetrek deur ‘n maagvirus wat ek
vermoed is die rede vir die uisterf van dinosorusse.
Okay dis nou genoeg met die verskonings.
Eerstens moet ek julle dorpsbewoners vra hoe de hel slaap
julle? Die plaas het sy eie musiek, uile wat muise vang (maak nie regtig geraas
nie), vlermuise wat goggas vang (ook nie regtig geraas nie), gras wat groei
(minste geraas van almal). Ek het die eerste week soos ‘n wafferse oorgewig
Bruce Lee vir elke geluid uit die bed
gespring. Die buurman slaan sy deur toe, ronde Bruce Lee is uit die bed
op soek na sy knopkierrie. Die bure gesels met mekaar, ronde Bruce Lee is weer
op soek na sy knopkierie onder die bed. Erens blaf n hond in die nag, Bruce Lee
slaap nou al met sy knopkierrie in die bed (dis blerrie ongemaklik). Ek neem
aan oor tyd sal ek gewoond raak aan die
musiek van die stad , maar op die oomblik verlang ek bietjie na goeie nagrus.
Alhoewel ons in is, is daar nog baie wat moet klaar kom in
ou Pienkie. Moet net gou stop en weer vir Terry bedank vir al sy hulp en werk. Met
die dat ek die heel tyd weg was het hy gesorg dat meeste van die werk gedoen
word. Sonder hom sou die projek nooit klaar gekom het nie.
So ons huis is amper klaar geverf binne, nog net drie kamers
om te gaan. Die kleur wat Karlien gekies het se naam is Canvas , en magtig dis
nou ‘n mooi kleur. Ek het nou prober om fotos te laai maar dit doen dit nie
justice nie so julle sal maar net self moet kom kyk. Die kombuis, gang, sitkamer
en slaapkamers is die kleur. My badkamer, dis nou die gaste troon wat ek mag
decorate soos ek wil, is sover nog net wit (sal later my top secret planne
reveal). Dan is daar ons badkamer: om te sê die se kleur het nie so lekker
uitgekom nie is n understatement. Ons vermoed dis die kleur wat jy kry as jy ‘n
kind ‘n paar liter lime milkshake voer en dan die anaconda roller coaster laat
ry. Gebruik jou verbeelding, maar daai kleur pryk nou op ons badkamer muur. Kyk
hoe lyk dit!
Moet nie worry nie ons gaan dit wel verander, net jammer
arme Karlien moes ‘n hele dag die harde verf werk doen en die aand op die bank
slaap omdat die walms te sterk was in die kamer, alles verniet (wel nou het ons
ten misnte n base coat om mee te begin)
Ek weet nie of een van julle al ‘n dak-fan in die middel van
die winter probeer koop het nie. Wel dis nie maklik nie, meeste mense kyk jou
aan asof jy van n ander planet af kom (seker Mercury die naaste een aan die
son, want wie gebruik n dakfan in die winter). Dis hoe mense nou voel maar ek
weet as die somer kom wil ek ‘n dakfan hê wat so kwaai kan draai dat dit voel
asof ek slaap onder ‘n helikopter, ek gee nie eens om as die ding so hard blaas
dat my gesig lyk soos daai mense wat spoed toetse in die wind doen nie, ek kan
nie in die hitte van die somer slaap nie. Ek sal maar vir Karlien ‘n dome aan
haar kant van die bed bou sodat die wind haar nie weg waai nie (sy, aan die
ander kant, is nou weer koulik).
Anyway, ons kon toe nie n dakfan kry nie en ek moes gou n
plan maak, aangesien ons die buis ligte uit ons kamer uit gehaal het en moeg
was om met ‘n koplig in die bed te klim.
Dit werk baie goed.
Nou as daar een ding is waaroor ek baie trots is is dit die
kombuis. Hy is nog ver van klaar, maar hy wys reeds sy potensiaal. Die eiland
maak lekker kos en ek kan sien ons gaan baie lekker daar kan kuier.
Kan julle glo dis hoe dit begin het met die eenvoudige masking tape plan op die vloer.
Kan julle glo dis hoe dit begin het met die eenvoudige masking tape plan op die vloer.
En nou lyk dit so.
Ek moet myself op die rug klop, ek het self daai hob geinstalleer
en dit lyk glad nie sleg nie, en dit werk soos dit moet.
Ons moet nog die oond vasmaak maar dis ‘n ander storie,
julle sien die ding moet waterpas wees anders bak Karlien skewe koeke. Dis een ding wat sy
nie wil hê nie, so daar sal nog plan gemaak moet word.
Soos die prokureur ons vertel het, het Tannie Pauline omtrent
al die houtwerk in die huis haarself gedoen wat op sy eie ongelooflik is, maar
ek moet met julle die kas deel wat sy vir ons gelos het. Dis die coolste
kombuis kas ooit. Jy kan twee kombuiste se kos daar binne pak.
Ek sal die prokureur
een dag vir ‘n bier moet vat en met hom gesels oor die Tannie wat vir ons die
huis gelos het. Ek wil hoor of sy regtig al die goed op haar eie gedoen het, en
as dit die geval was moes sy werklik ‘n
merkwaardige vrou gewees het. Dalk ‘n hele blog oor haar skryf as ek eers die
inligting het.
Selfs Brutus het nou al aangepas tot die stadslewe, hy het
nou gekyk wat doen die bure se honde en nou weet hy ook as iets of iemand in
die straat afloop moet jy na die hek storm en blaf en kwaai lyk, weet nie wat
hy sal doen as die hek eendag oop is nie. Ons het gister die man ‘n bad gegee,
en die laaste bietjie plaas van hom af gewas en hom ‘n splinter nuwe bed gegee.
Nou is hy ‘n ware stadsjapie met n designer bed met slagspreke op (wtf). Hier is
n foto van my hond wat niks met die huis uit te waai het nie, maar dis n
blerrie nice foto van Brutus en my vriend Jacob se laaitjie Sebbie.
Verder is die lewe goed, my duifie ry lekker elke dag trein
werk toe en in die aand prober ons uitpak wat ons kan voor ons uitpass. Okay, meeste
van ons besitting is nog buite in die binnehof, maar besittings maak nie die
huis nie. Solank ons in en happy is.
Daar is nog heelwat wat gedoen moet voordat ek julle ‘n
regte before en after blog kan gee. In elk
geval die huis lyk nog soos ”Asblikfontein” vir die van julle wat van Knersus
en Oskar se kaskenades kan onthou, so dit moet eers skoon.
Maar moet nie worry nie dit sal nog kom en vir nou is daar nog altyd die GGD wat wag om oop gemaak te word.