Sunday, 26 May 2013

Hoe ons vir Pienkie gekry het

Daarsy, ek en my aanstaande vroutjie Karlien, het gister die papiere geteken op ons eerste huis saam. 'n Pragtige Pienk Paleis in die Moot.


Okay, sy is nou nie heeltemal pragtig nie, maar sy is wel pienk en so groot soos 'n paleis.

Ons het vir maande elke naweek die skou-huis ding gedoen, ek vermoed die agente het al agter ons rue begin fluister "dis al weer daai twee, hulle soek mos blerrie baie vir blerrie min". Maar ons het volhou, en kom toe op die pienke af. Die eerste keer toe ons deur haar geloop het, het ek en Karlien kort kort vir mekaar gekyk en gelag, want die huis wou net nie ophou nie. Sodra jy dink jy het nou deur die hele huis geloop ontdek jy nog 'n  kamer. Toe ons in die kar klim toe lag ons eers, ons het gedink Ou Pienkie was belaglik. Baie groot en baie werk.

Maar Ou Pienkie het ander idees met ons gehad sy het haar saadjie in ons koppe geplant.

Ons het verder die skou-huis ding gedoen en nog agente frustreer maar kon niks kry wat aan ons kriteria voldoen nie:

1. Groot erf - want ek het n groot hond, en ons trek van die plaas af. So groot erf vir baba stapppies, ek wil nou nie hê die stad moet my en Brutus oorweldig nie.
2. Woonstel - want ons kort die ekstra inkomste om die ding te betaal. Karlien het n mooi stabiele werk maar ek werk vryskut so meeste banke sien my as 'n melaatse wat met bees stront aanmekaar vas gehou word.
3. Parquet vloere - jip, ons love daai blokkies vloere.
4. Geen swembad - want ek is te lui om die ding skoon te hou en vermoed hy sal n bass dam wees na die eerste jaar.

En toe eendag....

Sê Karlien "dalk moet ons n offer insit op Ou Pienkie."

En toe begin dinge vinnig gebeur, Offers is ingesit, Offers is afgekeur, nuwes is ingesit hulle is weereens afgekeur. Dit het n rukkie aanhou tot ons almal gelukkig was maar op die einde kon ons die volgende stap neem, en dis nou om die banke te smeek vir geld. Gebruik jou verbeelding hier om jou vuilste vloekwoorde in te vul, dis al wat ek gaan se van banke en my ma sal my uitkak as ek te veel vloek (en dis nou net Karlien se vloekwoorde).

Lang storie kort, n bank het ons geld gegee en my pa help ons met die res.

Gister toe ons weer deur Ou Pienkie stap besef ons sy is eintlik net 'n dame vol moontlikhede. 'n Ou dame wat ek en my Karlientjie nou gaan opfix.

En dis waaroor die blog gaan gaan, al die avonture van Ou Pienkie.

Ek sal fotos neem van vordering en julle op hoogte hou.





No comments:

Post a Comment