Ek moet bieg en sê ek is n groot aanhanger van die BBC program Grand Designs wat handel oor mense wat hulle droom huise bou, en Kevin McCloud (die aanbieder) wat op sy siniese manier op hulle drome piepie. Dis nogal snaaks as hy hulle waarsku oor al die "pitfalls" van huis bou en dit op dowe ore val. Dit eindig gewoonlik met n geskree-ery, 'n geskree-ery tussen die droom bouers en almal om hulle (hulle skree op mekaar, hulle skree op die bouers, hulle skree op die stadsraad en soms sommer op die arme honde).
So, huis bou is blykbaar nie maklik nie.
Kevin laat jou weet dat jy “serious” beplanning moet doen. Jou bou planne moet in orde wees, jou produksie planne moet in orde wees (wie moet wanner waar wees, om nie produksie op te hou nie), jou begrootings planne moet reg wees en jy moet weet dat al is dit nie jou plan nie, moet jy maar beplan daarvoor dat jy oor jou begrooting gaan gaan.
Ek volg al vir Kevin en die droom bouers vir meer as tien jaar so ek behoort te weet wat om te doen (ek hoop so ander is ek ook maar net nog n dom dooooo… droom bouer).
Ons bou nou nie n nuwe huis nie maar Ou Pienkie het baie werk. Daar is 'n kombuis om te bou, kamers wat verander moet word, badkamers wat gebou moet word en natuurlike moet die dame nog geverf word ook.
Stap 1
Kry ‘n bouer om jou advies te gee.
Gelukkig het ek n vriend genaamd Nico wat n ontwikkelaar is. Ek het hom gister na Pienkie gesleep en vertel wat ons alles wil doen. Van ons mal concrete kombuis tot die moerse dubbel stort.
Dit help baie om so vriend te hê, hy het my advies gegee en gaan my een van sy bou spanne leen om vensters uit te breek en te skuif. Hy help my ook om die begrooting op te stel.
Nico het my gevra om vir hom planne te stuur van hoe ons die kombuis wil bou en dis hoekom ek nou nog sit en planne teken. Kevin sou geskok gewees het met my, want na ure van sukkel op die rekenaar het ek die goed toe sommer met die hand geteken en dit lyk of Homer Simpson dit gedoen het na ‘n aand van Duff Beer. (my handskrif is skokkend maar my spelling erger, Karlien edit dit gewoonlik, maar sy is nie vanaand hier nie so vergewe my as dinge nie lekker sin maak nie). Hy sal met die planne (as hy hulle verstaan) kan help om die begroting op te stel.
Hier is my eerste skets.
Stap 2
Gebruik jou vriend wat ‘n “jack off all trades is” almal van ons het een.
In my geval is die vriend se naam Terry. Hy kan alles doen van kroeë bou met vuurhoutjies en Eskimo snot tot plumbing met kat derms. Die ou bou dan brandewyn bottles in die mure van sy chapel op die plaas (ek het hom gehelp daai bottles bekom so nou is dit sy beurt om my te help). Terry gaan my bystaan om die bestaande kaste te skuif en die die loodgieter werk reg te doen, hy is ook n meester teëler (is dit die regte manier om dit te sê? Ek meen nou nie hy het sesitig kinders of iets nie, die man het die vermoë om mooi te teel... Dit klink ook nie reg nie, die man is kundig met die lê van teëls). Nevermind hier onder is 'n voorbeeld.
Let op die brandewyn bottels in die stage, podium wat ookal mens dit noem.
So ek het 'n bouer, en ek het n helpende vriend met meer verstand en kundigheid as ek.
Nou moet ek net beplan en dit is my volgende stap.
Stap 3
Sal volgende keer bespreek word hier is n paar fotos van die binnekant van Ou Pienkie
Woonstel se kombuis
Huis se huidige kombuis.
En waar ons nuwe kombuis gaan wees.
Lekker slaap julle.